
If the Lord be with us, we have no cause of fear. His eye is upon us, His arm over us, His ear open to our prayer – His grace sufficient, His promise unchangeable. (John Newton)
Ek het so klein lysie van goedjies wat ek vrees, darem nie ‘n ellelange lys nie, nietemin ek gaan nou nie my vrese met jou deel nie, maar kom ek sê net: ek het nogals ‘n gesonde vrees vir ‘n vieslike groot, lewendige, rooi-groenerige springkaan. Hulle is nie vir my mooi nie, net vreesaanjaend. ‘n Ander vrees wat ek het, is om in ‘n publieke toilet vas te sit… en sal jy nou vir my glo as ek sê: ek het die ander oggend in die Virgin Active se tweede toilet van die deur af vasgesit?
En dis nie vir onderdeur kruip en ontsnap nie… ek haal ‘n paar keer diep asem en wag net vir my brein om te begin brein na die aanvanklike groot skrik. Ek wag vir my superkrag van kalmte van gees om in te skop. Skree gaan ek beslis nie, dis net eenvoudig nie my styl nie. Ek stuur vir manlief ‘n boodskappie, en natuurlik wil hy my net te hulp snel… om die deur af te skop… ai die sterk ridders op wit perde van ons darem. Continue reading “Een van my GROOTSTE vrese.”


